Wag jy op God vir antwoord op jou gebed?
In Jer 33:3 sê God: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat
jy nie weet nie.”, en in Psa 50:15 lees ons: “... en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” Beteken dit dat God altyd antwoord wanneer ek roep? Antwoord God altyd elkeen van my gebede?
Het jy al die ervaring gehad dat jy vir mense skryf of boodskappe stuur en hulle antwoord jou nie? Ek beleef dit
konstant in my lewe. Ek het al vir verskeie persone en organisasies geskryf van wie ek nooit ‘n antwoord ontvang het nie. Ek het ook al vir baie vriende en kollegas boodskappe gestuur wat my nooit geantwoord het nie. Behalwe dat dit uiters frusterend is, getuig dit van ‘n gesindheid van minagting. As mense jou doelbewus ignoreer omdat hulle nie tyd het vir jou, of dink dat jou boodskap belangrik is nie, is dit is om die minste te sê, onbeskof.
Natuurlik kan ‘n mens nie op elke boodskap wat mense stuur reageer nie. Daar is dalk omstandighede wat verhoed dat
mens dadelik kan reageer. Dit is ook ongelukkig so dat baie misbruik maak van jou eposadres en jou “spam” met allerhande gemors. Nou moet jy maatreëls tref om die kaf van die koring te skei. Jy stel dan jou “spam filter” so dat jou program die meeste van die gemorspos na die “spam”-vakkie toe stuur. Ongelukkig kan dit gebeur dat die program sommige belangrike pos verkeerdelik na die gemorspos vakkie toe herlei en jy ’n belangrike boodskap mis.
Het Jy al vir God Geantwoord?
Die belangrike vraag is, het jy al vir God geantwoord? Hoeveel boodskappe het jy al van God ontvang waarop jy nie gereageer het nie? Dit is ongelukkig so dat daar ‘n oorweldigende hoeveelheid
gemorspos en “scams” na ons toe kom in die naam van “God” en ”Jesus”, en baie van ons het al ons geestelike “spam filters” so hoog gestel dat daar dikwels belangrike boodskappe van God in ons geestelike gemorspos vakkies beland. Ons het eintlik geestelik so stomp geword van al die “spam” dat ons dikwels die stem van die Here nie hoor nie! Daarom het ons onderskeiding nodig!
Wanneer God nie Antwoord
nie
Wag jy dalk op God vir ‘n antwoord? Miskien wag Hy op jou vir ‘n antwoord! Die groot vraag is — het jy al op God se
roepstem vir jou lewe geantwoord? Of is Sy boodskap aan jou dalk in jou gemorspos vakkie? Die Here wil JOU gebruik om die Onbereikte Wêreld te help bereik met die Evangelie, want dit is die belangrikste werk van die Kerk en dit is die hooftaak waarmee God besig is in die wêreld.
Jy kan op een of albei van die volgende maniere betrokke raak:
- Deur jou Facebookblad tot beskikking van die Here te stel om in vennootskap met Projek KuberWêreld die wêreld te help bereik met betaalde advertensies --
en ons te ondersteun in gebed.
- Deur finansiële ondersteuning sodat ons addisionele advertensiekanale kan benut – en saam met ons te bid vir meer ondersteuners.
Ek nooi hiermee gemeentes en ander sendingbedieninge uit om met my in gesprek te tree met die oog op 'n strategie om julle arbeidsveld digitaal te bereik in vennootskap met Projek KuberWêreld.